‘n Lid van die Madibeng-burgemeesterskomitee is Vrydag aangeval tydens ʼn gedenkdiens van drie persone wat die afgelope week in gewelddadige betogings in Brits, Noordwes omgekom het.
Douglas Maimane, die burgemeesterslid, het op die verhoog langs Edna Molewa, minister van waterwese, gesit toe ʼn waterbottel hom getref het. Een van die slagoffers se broers het glo die waterbottel na Maimane geslinger. Maimane is in die gesig getref en sy mond het begin bloei.
Die broer het glo vreeslik gehuil en sy familie het hom probeer kalmeer.
Drie mans is in Mothutlung dood ná betogings oor watertoevoer in die gebied. ʼn Mynwerker, Osia Rahube, en ʼn fotograaf, Bra Mike, is Maandag glo deur lede van die polisie doodgeskiet. Lerato Seema is Dinsdag dood nadat hy glo uit ʼn bewegende Njala-pantservoertuig van die polisie gespring het.
Inwoners beweer hulle is al ten minste drie maande lank sonder water.
Molewa het Woensdag belowe dat watertoevoer na alle inwoners teen Vrydag herstel sal wees.
Lees ook:
Sekere dele van Mothutlung steeds sonder water
Watertoevoer in Mothutlung herstel
Brits-betoging: 14 in die hof
Brits-betoging eis nog ‘n lewe
Regering en Malema beloof hulp aan Brits-inwoners
Minister versoek rustigheid in Brits
Ondersoek na twee sterf tydens betoging oor water
Sjoe!!! Sune, kyk asseblief weer na die spelling in die berig. Dit is regtig afskuwelik, of is dit ‘n kleintjie van 5 jaar wat die berig namens jou geskryf het?
Jammer dat ek nou vir julle hierop n epos moet stuur.Ek het gereeld Maroela Media se eposse gekry,en vanaf Laas week ontvang ek geen epos van julle nie.Kan julle asseblief vir my laat weet wat die rede is.Ek sal graag weer julle nuus wil ontvang.
Dagsê Elize
Jammer vir die ongerief! Weens tegniese uitdagings moes ons die kennisgewings per e-pos ongelukkig tydelik staak tot verdere kennisgewing.
Volg Maroela Media gerus intussen op Facebook of Twitter om die nuus te lees soos dit gepubliseer word.
Dankie vir die lojale ondersteuning!
Groete
Suné van Heerden
namens Maroela Media