Onderhandelaars het ʼn man, wat Donderdag van die Kaapse burgersentrum se dak af wou spring, na veiligheid gebring.
Beamptes het ure lank met hom gesels om hom te oorreed om af te klim. Volgens EWN het beamptes sewe ure lank met die man gesels. Onderhandelaars het hom glo gegryp en dadelik verdoof, berig EWN verder.
Hy is deur ER24-paramedici behandel.
Dit is nog nie duidelik hoe hy toegang tot die gebou bekom het nie. Hy het vroeër gevaarlik naby aan die rand van die gebou geloop. Beeldmateriaal van die man op die gebou is deur Media24 se MyEdit-app beskikbaar gestel.
Lees ook:
Video: Selfmoorddrama by Kaapse burgersentrum
Man dreig om van Kaapse burgersentrum se dak te spring