Burry-gaping glo onprakties

Burry Stander

Die voorgestelde 1.5m-veiligeverbysteekgaping vir fietsryers op paaie kan glo moeilik wees om toe te pas en af te dwing.

“Die 1.5m-gaping sal nie prakties wees nie, aangesien standaardbane slegs sowat 3.5m of nouer is,” het Carlos Esteves, adjunkhoof van eThekwini se padstelselbestuur, gesê. “My gevoel is dat dit moeilik, indien nie onprakties nie, gaan wees om af te dwing. Mens kan nie ‘n fietsryer, 1.5m-gaping en ‘n motor hê sonder om ‘n tweede baan te gebruik nie.”

Fietsryers regoor Suid-Afrika het versoek dat dié maatreël ingestel word, en dit die “Burry-gaping” begin noem na die afsterwe van bergfietsrykampioen, Burry Stander, op 3 Januarie. Stander het gesterf toe hy in Shelley Beach aan die suidkus van KwaZulu-Natal deur ‘n taxi omgery is.

Gary Ronald, hoof van openbare aangeleenthede van die Automobiel-Assosiasie (AA), het gesê die gaping word op ‘n nasionale vlak bespreek en vorm deel van verlede jaar se wysigings aan die Verkeerswet. “Waar die pad wyd genoeg is, sal dit werk, maar ons het ‘n hele paar paaie waar dit nou is en moeilik gaan wees om toe te pas sonder dat motors in die aankomendeverkeer-baan moet ry,” het Ronald gesê.

Lees ook:
Burry Stander ter ruste gelê
Burry Stander: Taximan op waarskuwing vrygelaat
“Ek is lief vir jou”
Video: “Stander meer as net ‘n kampioen,” sê pa
Burry Stander-ongeluk: Taxibestuurder word vervolg
Stander was ‘legende in wording’
Bekende fietsryer doodgery

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.