Burry Stander-saak hervat

Burry Stander Foto: Facebook

Burry Stander Foto: Facebook

Die saak teen ʼn minibustaxibestuurder wat glo die Olimpiese bergfietsryer, Burry Stander, doodgery het, gaan Donderdag in die Port Shepstone-landdroshof hervat.

Njabulo Nyawose het Stander (25) na bewering op 3 Januarie tydens ʼn oefenrit by Shelley Beach aan die kus van KwaZulu-Natal raakgery.

Stander het by die 2012 Olimpiese Spele in Londen die vyfde plek in die bergfietsrywedren behaal. Hy het by die Beijing Spele, as 20-jarige, 15de geëindig. Hy het die daaropvolgende seisoen bekendheid verwerf toe hy die onder-23-titel in die Bergfiets Wêreldbeker ingepalm het.

In 2011 het Stander die eerste Suid-Afrikaner geword om die Cape Epic in die Wes-Kaap saam met mede-fietsryer, Christoph Sauser van Switserland, te wen. Die paar het hul titel in 2012 verdedig.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.