Burry Stander-saak terug hof toe

Burry Stander. Foto: Facebook

Die aanklag van strafbare manslag teen die taxi-bestuurder wat glo die Olimpiese bergfietsryer, Burry Stander, doodgery het, gaan weer ingestel word.

Die saak teen Njabulo Nyawose is vroeër vandeesmaand teruggetrek weens ʼn tekort aan bewyse en die saak wat gereeld uitgestel is.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het Dinsdag gesê die saak sal op 21 Augustus hervat.

Natasha Ramkisson, ʼn woordvoerder van die NVG, het gesê hulle het op ʼn besluit van die direkteur van openbare vervolging gewag om te hoor of die saak verder vervolg moet word.

“Sy besluit is gemaak en ons gaan die saak gaan hervat,” het Ramkisson gesê.

Lees ook:
Burry Stander se familie soek antwoorde
Burry Stander: Klagtes voorlopig laat vaar
Argus-titels aan Burry opgedra
Video: Fietsryers ignoreer glo veiligheidsmaatreëls
Burry-gaping glo onprakties
Burry Stander ter ruste gelê
Burry Stander: Taximan op waarskuwing vry
“Ek is lief vir jou”
Video: Stander ‘meer as net ‘n kampioen’, sê pa
Burry Stander-ongeluk: Taxibestuurder word vervolg
Stander was ‘legende in wording’
Bekende bergfietsryer doodgery

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willy ·

Ek hoop hierdie keer is die ondersoekbeampte van beter stoffasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.