Burry Stander: Taxibestuurder weer in hof

Burry Stander

Die saak van strafbare manslag teen die minibus-taxibestuurder wat vermoedelik die bergfietsryer Burry Stander doodgery het, hervat Dinsdag in die Port Shepstone-landdroshof.

Die taxibestuurder, Njabula Nyawose, is op borgtog vrygelaat.

Stander is op 3 Januarie in Shelley Beach in KwaZulu-Natal doodgery toe ʼn minibus-taxi hom op sy fiets getref het.

Stander het aan twee Olimpiese Spele deelgeneem. In 2011 het hy die eerste Suid-Afrikaner geword om die Cape Epic te wen, saam met sy Switserse spanmaat, Christoph Sauser. Die twee het hul titel in 2012 verdedig.

Lees ook:
Argus-titels aan Burry opgedra
Video: Fietsryers ignoreer glo veiligheidsmaatreëls
Burry-gaping glo onprakties
Burry Stander ter ruste gelê
Burry Stander: Taximan op waarskuwing vry
“Ek is lief vir jou”
Video: Stander ‘meer as net ‘n kampioen’, sê pa
Burry Stander-ongeluk: Taxibestuurder word vervolg
Stander was ‘legende in wording’
Bekende bergfietsryer doodgery

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.