Njabulo Nyawose, die taxibestuurder wat in die ongeluk betrokke was waarin bergfietsryer Burry Stander gesterf het, het Maandag in die landdroshof in Port Shepstone verskyn.
Stander (25) het verlede Donderdagmiddag van ‘n oefenrit in Shelley Beach aan die suidkus van KwaZulu-Natal teruggekeer, toe die noodlottige ongeluk plaasgevind het. Die ongeluk het reg voor sy fietswinkel, Concept Cyclery, gebeur.
Natasha Ramkisson, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê Nyawose word aangekla van strafbare manslag en roekelose of nalatige bestuur.
Hy is op ʼn waarskuwing vrygelaat en moet weer 22 Maart in die hof verskyn sodat die ongeluk verder ondersoek kan word.
Sou seker nie so lig afgekom het nie as dit n wit bestuurder was en n swart fietryer nie.