Burry Stander ter ruste gelê

Burry Stander Foto: Facebook

Professionele fietsryers landswyd het Donderdag die bergfietsryer Burry Stander se begrafnis in KwaZulu-Natal bygewoon.

Stander is verlede week in Shelly Beach aan die suidkus van KwaZulu-Natal deur ‘n minibustaxi omgery. Die 25-jarige Olimpiese atleet het op die toneel aan sy beserings beswyk. Klik hier om meer te lees.

Andrew McLean, goeie vriend en fietsryaktivis, het gesê die seremonie is ‘n huldeblyk aan Stander se merkwaardige talent, berig EWN. “Dit was ‘n ongelooflike opkoms. Die seremonie het ons laat voel dat hierdie geweldige verlies die keerpunt moet wees; dat verandering moet plaasvind,” het McLean gesê.

Stander was die Intenasionale Fietsryunie (UCI) se Bergfietsry Wêreldbekerkampioen en het die Absa Cape Epic in 2011 en 2012 gewen. Stander word oorleef deur sy vrou, Cherise Taylor. Die paartjie is in 2012 getroud. Klik hier om ‘n brief te lees wat Cherise ná Burry se afsterwe geskryf het.

Intussen is die bestuurder van die taxi op ‘n waarskuwing vrygelaat. Hy het vroeër die week op aanklag van strafbare manslag of ‘n alternatiewe klag van roekelose en nalatige bestuur in die landdroshof in Port Shepstone verskyn. Hy moet op 22 Maart weer in die hof verskyn. Klik hier om meer te lees.

Klik hier om ‘n huldeblykvideo te sien wat Red Bull van Burry saamgestel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.