Bus ry PTA-man dood

‘n 60-jarige man is Woensdagoggend dood nadat ‘n munisipale bus hom in Voortrekkerstraat, in Pretoria se Moot-omgewing, raakgery het.

Volgens Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het die man die besige straat probeer oorsteek toe die bus hom tref. Die voorval het in die buslaan naby Frederikastraat plaasgevind. “Die man is só hard deur die bus gestamp dat hy ernstige beserings opgedoen het. Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Jackson gesê. Ten spyte van die skade aan die voorkant van die bus is niemand anders in die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marlene ·

Net nog `n ou man wat nie vanaand by die huis gaan kom nie, in al die duisende moorde en “ongelukke” in SA vandag, wie gee om… Die pad was nie besig nie, die bus het gejaag en nie gekyk nie, maar nou-ja die sal ook skot vry kom, wat’s nuut…

Paul ·

Die berig noem dat die pad besig was. Hoe weet jy die busbestuurder het nie gekyk nie? Hoe weet jy dit was nie die voetganger wat ‘n kans gevat het nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.