Busbestuurder op heterdaad betrap

Foto: EWN

‘n Dissiplinêre verhoor is tans aan die gang ná ‘n busbestuurder glo gevang is dat hy op die N1 buite Touwsrivier ‘n vragmotor op ‘n sperstreep verbysteek.

‘n Lid van die publiek het ‘n foto van die voertuig aan die owerhede en die busmaatskappy, Translux, gestuur, berig EWN. Die foto, wat glo op 24 Julie geneem is, wys hoe die bus ‘n vragmotor oor ‘n sperstreep verbysteek. Robin Carlisle, LUR vir vervoer in die Wes-Kaap, het gesê die maatskappy doen dissiplinêre stappe teen die bestuurder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.