Busbestuurder sterf op berugte pad buite PTA

ambulansʼn Busbestuurder is dood en 35 mense beseer nadat ʼn swaarvoertuig ʼn bus op die berugte Moloto-pad buite Pretoria getref het.

“Die busbestuurder wou Woensdagaand by ʼn residensiële gebied ingedraai het toe die vragmotor die bus aan sy voorkant getref het,” het Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, Donderdag gesê.

“Die busbestuurder het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Beseerdes van die vragmotor sowel as die bus is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.