Busdrywers staak vandag

Busbestuurders, waaronder die van die Gautrein-busdiens, gaan vandag landswyd staak weens ʼn loongeskil.

Vincent Masoga, woordvoerder van Satawu, sê die vakbond dring aan op ʼn 18% loonverhoging terwyl die werkgewers slegs 2,5% aanbied. Bombela, wat die Gautrein bedryf, sê die trein se busdienste word ook geraak. “Buspassasiers moet van Vrydag af alternatiewe rëelings tref vir vervoer van en na die Gautrein se stasies,” het Errol Braithwaite, woordvoerder van Bombela, gesê. “Treindienste sal egter nie ontwrig word nie.” Hy sê die staking sal moontlik ook die vraag na parkering by Gautrein-stasies verhoog. “Ons sal ons bes doen om die verhoogde vraag te bestuur maar ons doen ʼn beroep op passasiers om eerder iemand te kry om hulle by die stasies af en op te laai indien moontlik.” Metrobus se bestuurders sal na verwagting nie aan die staking deelneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.