Busongeluk in Kenia eis 41

’n Busongeluk naby Narok, tussen Nairobi en Homa Bay in Kenia, het reeds 41 lewens geëis.

Die ongeluk het Woensdagaand gebeur en 35 passasiers is op slag dood. Nóg 37 passasiers is by die Narok Distrikshospitaal behandel terwyl vier beseerdes na die Kenyatta-hospitaal verwys is. Ses van die beseerdes het egter deur die loop van die nag aan hul wonde beswyk.

Volgens kmdt. Francis Kimaru het die busbestuurder na bewering te vinnig gery en beheer oor die voertuig verloor. Daar kon nog nie bevestig word of die busbestuurder onder die oorledenes is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.