Busstaking dalk binnekort verby

Vakbonde en werkgewers is “optimisties” dat ‘n oplossing vir die busstaking dalk voor die einde van die week bereik sal word.

“Ek is optimisties dat daar teen Vrydag ‘n oplossing sal wees,” het Zenzo Mahlangu, sekretaris-generaal van die vervoervakbond Satawu, gesê. “Ons vergader met ons lede oor die werkgewers se aanbod. Ons sal Vrydag weer na die onderhandelingstafel terugkeer.”

Barry Gie, hoof uitvoerende beampte van die Commuters Bus Employers’ Organisation, het gesê die meeste van die ander probleme is reeds hanteer. “Daar is ‘n groot kans dat die partye dalk voor die einde van die week ‘n ooreenkoms gaan bereik. Vakbonde bespreek die nuwe loonvoorstelle met hul lede,” het Gie gesê.

Die werkgewers, wat aanvanklik ‘n verhoging van 6,5% aangebied het, se nuwe aanbod is 9%. Die vakbonde het hul eis van 13% verminder na 10%.

Die werkers eis verder ook behuisings-, nagskof- en langafstand-toelae.

Duisende busgebruikers landwyd word deur die staking ontwrig. Die staking is nou in sy derde week.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.