Busstaking verby

Die vervoervakbond SATAWU het Maandagmiddag gesê die busstaking is opgeskort en lede behoort van Dinsdag af hul dienste te hervat.

Azaria Mataboge, SATAWU se woordvoerder, sê vakbonde en werkgewers het die naweek vergaderings hervat om loongeskille te bespreek. Busbestuurders het aanvanklik op ʼn 18% loonverhoging en meer voordele aangedring. Werkgewers het intussen hul aanbod van 6,5% na 9,5% verhoog. Mataboge sê die 9,5% aanbod is aanvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Helene ·

Dankie tog! Die storie het my sak geruk want ek moes R40 taxigeld per dag betaal!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.