Mangosuthu Buthelezi, die leier van die Inkatha Vryheidsparty, is Woensdag vir wyle sanger Ray Charles misgis tydens Margaret Thatcher, die voormalige Eerste Minister van Brittanje, se begrafnis in Londen.
Die Times berig dat, terwyl biskop Richard Chartres barones Thatcher se diens gelei het, kameras skielik op ʼn “kordate Ray Charles” gefokus het. Lede van die publiek wat die verrigtinge op die televisie dopgehou het, het kort daarna op Twitter geskryf, “Ray Charles is ook by die begrafnis”.
Een persoon het getwiet: “Hoekom sit Netanyahu en Ray Charles langs mekaar?”
ʼn Ander verbruiker het getwiet: “Dit is goed dat Ray Charles ook opgedaag het.”
Buthelezi was onder die verskeie afgevaardigdes wat Thatcher se seremoniële begrafnis by die St. Paul Katedraal bygewoon het.
Thatcher is verlede Maandag weens ‘n beroerte dood. Sy was 87.
– Sapa