Buurman red seun se lewe na hy in swembad val

ʼn 12-jarige seun het ʼn tweede kans op lewe gekry nadat hy amper verdrink het in ʼn swembad by sy huis in Crystal Park in Benoni.

ʼn Woordvoerder van ER24, Derrick Banks, sê die voorval met omstreeks 15:00 Sondagmiddag plaasgevind. Hy sê die seun is deur familielede uit die swembad getrek waarna ʼn buurman opgedaag het en mond-tot-mond-asemhaling toegepas het. Banks sê die seun was vir langer as vyf minute onder die water en dat die buurman met sy vinnige optrede die seun se lewe gered het. Die seun is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.