Buurvrou deur honde verskeur

Babs Lottering Foto: Facebook

Babs Lottering (71) van Pretoria, is ernstig beseer toe haar bure se honde haar gebyt het.

Lottering was glo besig om haar bure in Weirstraat, Pretoria-Tuine, se hek toe te maak om te verhoed dat hul honde nie munisipale vullisverwyderaars aanval nie, toe die honde haar byt, het Beeld Vrydag berig.

Die boerboel en ʼn boerboel/Amerikaanse veghond-kruising het haar arm en been verskeur. “Ek het nooit gedink hulle sou my aanval nie, want hulle ken my. Ek staan altyd oorkant die straat en gesels met my suster. Die honde sien my baie,” het Lottering gesê.

Lottering het begin skree toe die honde haar aanval, en het tevergeefs probeer om hulle van haar af te kry. Die bure het tot haar hulp gesnel toe hulle haar hoor skree en kon die honde terugdwing in die eienaar se erf.

Lottering is later in ʼn Bougainville-hospitaal opereer.

Die honde se eienaars het aan Beeld gesê hulle is verras oor die aanval, want die diere is gewoonlik “saggeaard”. Die eienaars is ook ontsteld nadat polisiebeamptes op die toneel vir hulle gesê het die honde sal nou van kant gemaak moet word.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.