Bybel glo gewildste boek in Noorweë

Noorse Bybel

“In Noorweë is dit nie Harry Potter of Lord of the Rings wat boaan die trefferlys van boeke staan nie. Dit is die Bybel,” skryf Leopold Scholtz in sy rubriek in Beeld, 9 Januarie 2012.

ʼn Nuwe Bybelvertaling is glo in Oktober 2011 bekendgestel in Noorweë en ongeveer 80 000 eksemplare is reeds verkoop. Volgens The Guardian, skryf Scholtz, staan dit glo week ná week eerste in die lys van topverkopers. Voorraad is glo in talle boekwinkels reeds op die eerste dag uitverkoop en bykomende eksemplare moes gedruk word. Stine Smemo Strachan, wat vir die Noorse Bybelgenootskap aan die projek gewerk het, sê: “Mense het selfs buite die winkels geslaap die dag voordat die verkope begin het omdat dit onder embargo was – dis ’n bietjie ironies aangesien die inhoud nou al darem ’n tyd lank beskikbaar was.” Strachan meen baie mense het die Bybel nie soseer weens godsdienstige redes gekoop nie, maar omdat die vertaling in moderne literêre Noors gedoen is, skryf Scholtz.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.