Dertien fietsryers is Maandag deur ʼn swerm bye aangeval terwyl hulle aan ʼn wedren in Oudtshoorn deelgeneem het.
Keri Davids, ʼn woordvoerder van die Wes-Kaapse nooddienste, sê die fietsryers het omstreeks 11:00 tydens die Cape Pioneer-fietsrywedren in die veld gery en onwetend ʼn byekorf gesteur.
Twee van die deelnemers is kritiek beseer en moes met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word. Die 11 ander deelnemers is ook na die hospitaal geneem.
Twaalf van die deelnemers is van Suid-Afrika, een is van België.