Vier mense is Woensdagmiddag in ʼn stabiele toestand na ʼn hospitaal in Pretoria geneem nadat hulle deur ʼn swerm bye op ʼn gholfbaan aangeval is.
Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die voorval het in Moreletapark plaasgevind. “ʼn Swerm bye het ʼn man aangeval terwyl hy gras op die gholfbaan gesny het. Drie mans is ook aangeval toe hulle die werker van die bye probeer red het,” het sy gesê.
Al vier mans is op die toneel gestabiliseer en na die Netcare Pretoria-Oos hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.