‘Bylmoord-tiener’ verskyn in hof

Argieffoto

‘n 14-jarige seun wat daarvan beskuldig word dat hy sy familielede met ‘n byl doodgekap het, het Dinsdag in die Daveyton-landdroshof verskyn, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê.

“Die saak is tot 26 September uitgestel vir verdere ondersoek en sodat ‘n nadoodse ondersoek gefinaliseer kan word,” het Medupe Simasiku, woordvoerder vir die NVG, gesê.

Maroela Media het vroeër berig die tiener van die Oos-Rand is in hegtenis geneem nadat hy na bewering op 24 Mei in Etwatwa naby Daveyton sy 42-jarige ma, sewejarige broer en drie maande oue babasussie met ʼn byl doodgekap het. Sy 58-jarige ouma is ook aangeval, maar het eers op 5 Julie in die Far East-hospitaal aan haar wonde beswyk. Twee van sy sussies, onderskeidelik agt en nege jaar oud, het ontsnap en by die bure om hulp gaan aanklop. Die tiener het gevlug, maar is later aangekeer en van moord aangekla.

Lees ook:
14-jarige ‘bylmoordenaar’ vir evaluasie gestuur
Ouma oorleef bylaanval
Burgemeester geskok oor bylmoorde
14-jarige vas ná bylmoorde

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Trippie ·

Verskoon my taalgebruik “sit die klein mhur uit” … sy ma moes hom by geboorte doodgele het !

Trippie ·

I’m a Killer Queen
Gunpowder, guillotine
Dynamite with a laser beam
Guaranteed to blow your mind
Anytime

Peter Vonk ·

Bliks***se barbaar,14 jaar oud,en in staat tot so n gruwel daad.Hoop hy gaan in n “grootmens” gevangenis beland waar hy elke dag onophoudelik verkrag word,totdat hy sterf aan vigs,”kras” maar dit is hoe ek voel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.