
ANC-ondersteuners betoog voor die Durbanse landdroshof tydens die vorige verskyning van die voormalige Bloubul, Joseph Ntshongwana. Hy woord daarvan aangekla dat hy drie mans met 'n byl doodgekap het. Foto: Rogan Ward/SAPA
Ntshongwana word daarvan beskuldig dat hy vroeër vanjaar drie mense met ʼn byl doodgekap het. Hy is in Junie vanjaar deur die hof vir sielkundige waarneming gestuur in Fort Napier nadat sy pa aan die hof gesê het sy seun het sielkundige probleme. Ntshongwana, wat onder meer tussen 1998 en 2000 vir die Blou Bulle gespeel het, het na bewering in die bestek van twee weke drie mans onthoof. Hy het glo nog ʼn man probeer aanrand maar dié het weggekom. Die man beweer Ntshongwana het gesê sy dogter is verkrag en met MIV besmet. Volgens die polisie het Ntshongwana nie ʼn dogter nie. Families van die oorledenes was Donderdagoggend oorstelp van vreugde toe daar aangekondig is Ntshongwana is geskik om verhoor te word. Talle mense het, soos by vorige verskynings, buite die hof betoog. Ntshongwana sal weer op 27 September in die hof verskyn.