Byna 150 renosters reeds vanjaar gestroop

 

Foto: www.rhinoconservation.org

Sedert die begin van 2013 is nagenoeg 150 renosters al vir hul horings doodgemaak.

Albi Modise, woordvoerder van die departement van omgewingsake, het Woensdag gesê 146 renosters is reeds vanjaar weens stropery dood. Hy sê die Krugerwildtuin bly die ergste hierdeur getref met 107 wat doodgemaak is. Modise sê daar is reeds 12 renosters in Noordwes gestroop, 12 in KwaZulu-Natal, agt in Limpopo en sewe in Mpumalanga.

Altesaam vyftig vermeende stropers en handelaars is vanjaar reeds in hegtenis geneem.

In 2012 is meer as 630 renosters vir hul horings doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marlene45 ·

Dis jammer die media word nie so opgewonde wanneer blankes vermoor word nie! Of is ons nie ‘n “bedreigde spesie” nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.