Byna 40% van Gauteng-polisie kan nie bestuur nie

Bykans 40% van Gauteng se polisiebeamptes het glo nie bestuurderslisensies nie.

John Moody, provinsiale leier van die Demokratiese Alliansie (DA) het in ‘n verklaring gesê dat hy Faith Mazibuko, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, gevra het om dié getal te bevestig. Mazibuko het bevestig dat 38% van polisiebeamptes, oftewel 11 611 beamptes, nie ‘n motor kan bestuur nie. “Volgens die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is ‘n geldige bestuurslisensie ‘n vereiste om aangestel te word. 18 827 beamptes het wel bestuurderslisensies,” het Moody gesê.

Volgens Moody sal die DA ‘n verduideliking eis van Mzwandile Petros, provinsiale polisiehoof, rakende die indiensneming van dié beamptes en wat hy beplan om te verseker dat hulle almal geldige bestuurderslisensies kan bekom. “‘n Goed opgeleide, behoorlik toegeruste en hoogs beweeglike provinsiale polisiediens is absoluut krities in die oorlog teen misdaad in Gauteng,” het Moody bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

William ·

Sal ook nou wonder hoeveel is bevoeg om n vuurwapen te hanteer.en hoe is die aanstellings en opleiding van die lede gedoen .Word dit nie as n deel van opleiding beskou om die lede gevorderde bestuur kursusse te laat slaag nie veral gesien in die lig van noodgevalle waar teen n vinnige snelheid deur verkeer moet beweeg word om n bestemming te bereik.

Mev E J Otto ·

Dit is uiters swak Hoe kan n man my vang as hy nie eers kan bestuur nie Hoe kan n man n skelm agterna sit as hy nie kan bestuur nie Waarom word hul nie opgelei nie Ons is n skande Ons eens polisietrots het n sel van meeste vet onopgeleide onnet samedrommers geword Hul ken nie die wet nie Hul is nie opgelei nie en kannie eers n motor bestuur nie Maar kyk maar hoe sit hul oral tot in polisiekantore en chips eet of slaap! Wat het van respek van n uniform geword

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.