ʼn 47-jarige boer van Caledon in die Wes-Kaap, is in die Hermanus-hospitaal opgeneem nadat hy Dinsdagaand op sy plaas aangeval is.
Na wat verneem word, het die boer, sy vrou en seun omstreeks 20:45 televisie gekyk toe hulle in hul huis oorval is. ʼn Geveg het uitgebreek waartydens die boer beseer is. Die seun het intussen glo ʼn vuurwapen in die hande gekry en die aanvaller noodlottig gewond.
Luitenant-kolonel André Traut, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat die dood van ʼn onbekende man ondersoek word. “ʼn Gewapende verdagte het die perseel betree en die huiseienaar beseer. Skote is gevuur en die verdagte is in die voorval dood. ʼn 9mm-vuurwapen, waarvan die reeksnommer verwyder is, is in die verdagte se besit gevind. Die polisie het op die huiseienaar se gelisensieerde vuurwapen beslag gelê vir verdere ondersoek. Meer inligting kan nie in dié stadium bekend gemaak word alvorens die polisie se ondersoek ‘n meer gevorderde stadium bereik het nie,” het Traut gesê.
… frightening. Please stay safe.