Calitz kry borg

Calitz en Pelizzari kort na hulle vrylating.

Debbie Calitz, wat onlangs ná bykans twee jaar in aanhouding deur Somaliese seerowers vrygelaat is, het Maandag saam agt ander verdagtes in die Hatfield-distrikshof verskyn op dwelmverwante aanklagte.

Dit volg nadat ʼn klopjag Vrydag op Calitz (50) se huis in Constantiapark, in die ooste van Pretoria, uitgevoer is. Sy is in hegtenis geneem nadat daar glo dwelms in haar besit gevind is. Calitz en haar vriend Bruno Pelizzari is op 26 Oktober 2010 deur seerowers ontvoer terwyl hulle aan die kus van Tanzanië met hul seiljag gevaar het. Hulle is in Junie vanjaar vrygelaat ná ‘n gesamentlike operasie deur Suid-Afrika, Somalië en Italië. Lees meer hier.

Landdros Kenneth Chauke het die saak tot 30 Januarie om 08:30 uitgestel vir verdere ondersoek. Calitz, Kerri-Anne Cross, Matthew Beukes, Jarryd Lottering, Timothy Lombard, Jason Cross, Nicolas Fourie, Zane Coles en Donavan Coles word aangekla van die besit van dwelms. Al nege verdagtes is op borgtog van R1000 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.