Cameron wys sy goud

Gelukwensings stroom in vir die 24-jarige swemmer Cameron van der Burgh nadat hy Sondagaand Suid-Afrika se eerste goue medalje by die Olimpiese Spele gewen het.

Van der Burgh het met sy tyd van 58,46 sekondes die wêreldrekord verbeter en Suid-Afrika se eerste medalje gewen tydens vanjaar se Spele in die 100m borsslag vir mans. Christian Springer van Australië was tweede terwyl Brendan Hansen van Amerika met die derde plek tevrede moes wees.

Cameron het Maandagoggend met sy medalje op Twitter gespog. Hy skryf: ”Ek is ʼn Olimpiese kampioen! Ek is oorweldig met emosies, want ek berei al my hele lewe vir die oomblik voor.”

Die Suid-Afrikaanse Olimpiese komitee (Saskok) het hom ook met sy prestasie gelukgewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.