Canyon groter as Grand Canyon in Antarktika ontdek

antarktikaBritse wetenskaplikes het ‘n reuse canyon onder etlike kilometer dik ys in Wes-Antarktika gevind.

Die canyon is 325 kilometer lank, op sy wydste 15 kilometer wyd, en bereik dieptes van meer as twee kilometer onder seevlak. Dit het na beraming sowat 34 miljoen jaar gelede ontstaan toe die klimaat warmer was, en ‘n kleiner ysplaat wat na die see gevloei het, die vallei uitgekerf het.

Dit sou in ‘n stadium as fjord kon dien wat in die teenswoordige Weddelsee sou uitmond.

Die impak van die canyon op die huidige yslplaat kan tot uit die ruimte gesien word, al is die ysplaat etlike kilometers dik. Die ontdekking is gemaak terwyl navorsers probeer vasstel het hoe aardverwarming die smelt van die ysplaat in Wes-Antarktika sal beïnvloed.

Bron: Christian Science Monitor. Volledige artikel kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.