Capuchin-apie op vrye voet in Pretoria

‘n soortgelyke bruin Capuchin apie het vroeër uit die Atterbury Dierehospitaal ontsnap.

Pretoria-inwoners se hulp word ingeroep om op die uitkyk te wees vir ’n bruin Capuchin-apie wat uit die Atterbury Dierehospitaal ontsnap het.

LookLocal Pretoria East berig die bruin apie het vroeër Woensdagoggend uit die dierehospitaal ontsnap. Hy is so groot soos ’n blou apie en sal heel waarskynlik skuiling in ʼn huis of kamer gaan soek. Inwoners word gemaan om hom nie te jaag of te verjaag nie. Indien inwoners die apie opmerk, word hulle aangeraai om die dierehospitaal te skakel by 083 229 7254 of 083 701 6134.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.