Carl Niehaus nou EFF-man

Argief foto van Carl Niehaus, wat na dese sy gewig by die van die EFF sal gooi. (Foto: Twitter)

Carl Niehaus het Donderdag aangekondig dat hy en lede van sy nuut gestigte politieke groep hul gewig agter dié van die EFF gaan gooi.

Niehaus, vantevore ʼn stoere ANC-lid en deesdae leier van die African Radical Economic Transformation Alliance (Areta), het dié aankondiging Donderdag op X gedoen.

Die voormalige woordvoerder van die nou ontbinde Umkhonto we Sizwe (MK) het Areta in Februarie vanjaar gestig nadat sy paadjie in Desember verlede jaar met dié van die ANC geskei het. Hy het in April aangekondig dat hy Areta by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) vir volgende jaar se verkiesing geregistreer het.

Niehaus en sy party se lede sal voortaan in hul private hoedanigheid as individue by die EFF aansluit, het hy Donderdag gesê. Dit beteken Areta sal nie meer self die 2024-verkiesing betwis nie.

“Ons lede word aangeraai om by die EFF aan te sluit en om met die strukture van die EFF te integreer. Dit begin vandag hier met my,” sê Niehaus.

Areta-lede sal hulle voortaan ook onderwerp aan die EFF se demokratiese prosesse.

“Ons kiesers word gemartel deur al die partye, hulle is verward oor vir wie hulle moet stem volgende jaar en ons moet dit makliker maak vir hulle,” sê Niehaus.

Tydens die mediakonferensie in Johannesburg wat op X uitgesaai is, het Niehaus ook ʼn beroep gedoen op oudpres. Jacob Zuma om nie veldtogte namens die ANC te lei nie. Hy het ook gevra dat partye soos die PAC, Azapo, APC, ATM en die UDM hulle ook by die EFF skaar.

Volgens Niehaus sal dit help keer dat linkse en progressiewe kiesers se stemme gemors word weens verwarring oor te veel partye om van te kies.

“Daar is een duidelike boodskap: ons as progressiewe, linkse partye moet ʼn manier vind om te verenig . . . terwyl daar een voor die hand liggende ideologie en filosofie is wat ons moet nastreef, naamlik eenheid. Dit is die konteks waarin ons die samesprekings gehou [en ʼn besluit geneem] het,” sê Niehaus.

Hy het verder bygevoeg: “As ons nie die verraderlike ANC-regering ontsetel en ʼn linkse progressiewe party daarstel om radikale ekonomiese transformasie teweeg te bring nie, sal ons al hoe verder oor die afgrond gestoot word tot daar nie meer omkeerkans is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Nici ·

Die dag as die ANC jou weggooi omdat jy te sleg is vir hulle standaarde, dan moet jy wragtag weet daars fout met jou.

JohanR ·

Surprise surprise..nog ‘n rede om NIE EFF te stem nie! Ou Carl weet nie waar en wie hy wil wees nie! Hy was altyd in camo, nou gaan hy moet aantrek soos iemand wat op ‘n bou perseel werk.

Johan ·

Ek kan net nie sien hoe hul aanspraak maak daarop dat hul “links” is, wanneer hulle juis vra vir minder vryheid en meer regering inmenging en regulasies nie. Dit is lyk my al die tradisionele “Linkses” se probleem, hulle was altyd daar vir vryheid, nou vra hul vir die teenoorgestelde. Verwarde mense.

Nommer 7 ·

Al sewe Areta lede gaan nie juis ‘n verskil aan die EFF maak nie!

hpven ·

Sy laaste politieke stuiptrekkings voor hulle hom ook wegsmyt! Ou Careltjie jy het my dag gemaak!

Onnie ·

Kyk hierdie ou is ‘n groot verleentheid, nie net vir die Afrikaner nie, maar vir enige iemand wat 2 breinselle het.

J. J. ·

Siestog, die anc het hom uitgegooi, nou probeer yy hulle “skoothondjie”. Die man het geen liefde vir sy land oor nie.

Jakes ·

Hy soek ook n trop beeste by Malema. Ek dink nie hy kan laer as die Eff val nie. Nog n nar wat n tuiste soek by die Eff sirkus.

Danie ·

Dit is waar hy hoort hy sal geen erkenning kry onder ons afrikaner volk nie

Andries ·

Ja Charlie. Dis toe ni só maklik om n nuwe paartie tot stand te bring ni…

Chris ·

Ek het een naam vir die vent, maar kan dit nie hier plaas nie!

Hy is so opsoek na aandag dat hy enige iets sal doen.

Alex ·

Waaaaatttt…! ‘n Witman by die EFF? Nou daar is n nuwe begin. Te sleg vir ANC. Nuwe hoigte vir EFF seker

Dup ·

Kaal Geenhuis gaan deur die EFF as ñ deurstop gebruik word.Hy het geen ander doel of waarde nie.

kommentaar ·

Whahahhahaaaaaa volgende keer is dit die good party. Jy kan hierdie man nie ernstig opneem nie!

Koen ·

Wel. Kersvader is ook EFF met sy rooi oorpak. CN is in goeie geselskap.

Jan ·

Carel, jys aan die verkeerde kant. Word wakker ou tjomma. Bongi het gesê wit kant…daai party hou nie van die wit kant nie..

Jaco ·

Mag wit mense dan by die EFF aansluit? Malema spoeg so gedurig vuur teen wit mense. Onthou “we are not asking for the killing of white people; at least not for now”.

Casper ·

Verraderlike A N C regering,Careltjie komende uit jou mond wat die MK gedien het en hoeveel onskuldige mense met landmyne op plaaspaaie vermoor het.Die EFF ,Careltjie gaan net jou hare uitspoeg want die is bitter want jy is blank.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.