Carl Niehaus skimp vir nuwe werk in die ANC

Carl Niehaus. Foto: Independent Newspapers

Carl Niehaus, voormalige woordvoerder van die ANC, skimp vir ʼn nuwe posisie in die hoë range van die ANC, ten spyte van ʼn geskiedenis van beweerde finansiële wanbestuur en slegte skuld.

Volgens die Cape Argus het hy vroeër vandag op Talk Radio 702 gesê dat ná drie jaar in die “politieke wildernis”, hy weer gerat is om stelling in die party op te neem na sy bedanking as die ANC se woordvoerder.
Hy het gesê hy het sy skuld betaal en vrede met die bedrog-beweringe gemaak. Hy het genoem hy voel ʼn formele posisie in die ANC is in die nabye toekoms in die pyplyn.
Hy wou egter nie veel oor dié posisie uitbrei nie en het gesê dit is die party wat homself daaroor moet uitspreek.
Die ANC se huidige woordvoerder, Keith Khoza, kon Woensdagmiddag nie kommentaar oor die aangeleentheid lewer nie en het gesê hy moet eers die situasie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.