Carl Pistorius in die hof

Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Carl Pistorius, broer van Oscar Pistorius, verskyn weer vandag Vanderbijlpark-landdroshof op aanklagte van strafbare manslag.

Pistorius was op 8 Maart 2008 in ʼn ongeluk betrokke wat tot die dood van Maria Barnard gelei het. Barnard was op ʼn motorfiets en het teen Pistorius se bakkie gebots. Die Vanderbijlpark-landdroshof het op 3 April tydens Pistorius se vorige verskyning teenstrydige weergawes gehoor van die ongeluk. Kenny Oldwage, Pistorius se regsverteenwoordiger, het aan die hof gesê dat die getuienis van die staat se eerste getuie nie ʼn ware weerspieëling is van wat gebeur het nie. Anton Coetzee het getuig dat Barnard baie naby aan die agterkant van Pistorius se bakkie gery het toe hy skielik na regs uitgeswaai het en Barnard agter in die bakkie vasgery het. Oldwage ontken egter dat Pistorius sy bakkie in ʼn roekelose of nalatige manier bestuur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.