Carl Pistorius verheug na aanklagte laat vaar word

Carl Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Carl Pistorius, broer van Oscar Pistiorius, sê hy is verheug nadat hy Dinsdag vrygespreek is op drie aanklagte teen hom.

Kenny Oldwage, sy regsverteenwoordiger, sê hulle is tevrede met die uitkoms van die saak. Pistorius is Dinsdag in die Vanderbijlpark-landdroshof vrygespreek op aaklagte van strafbare manslag, roekelose of nalatige bestuur en onbedagsame bestuur. Hy het vroeër skuld ontken op die aanklagte. Pistorius se bakkie het op 8 Maart 2008 teen Maria Barnard se motorfiets gebots en Barnard is ‘n paar dae later in die hospitaal oorlede. Medupe Simasiku, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê die staat kon nie daarin slaag om ‘n waterdigte saak teen Pistorius uit te maak nie. “Ons aanvaar die besluit deur die hof en sal nie enige verdere aksie neem nie.” Oscar Pistorius sal weer op 4 Junie in die hof verskyn in verband met die dood van sy vriendin Reeva Steenkamp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.