Carl Pistorius, die broer van die Suid-Afrikaanse Paralimpiese atleet Oscar Pistorius, is Dinsdag in die Vanderbijlpark-landdroshof vrygespreek op ʼn aanklag van strafbare manslag.
Carl was op 8 Maart 2008 in ʼn voertuigongeluk betrokke, wat gelei het tot die dood van Maria Barnard. Sy was op ‘n motorfiets wat teen sy bakkie gebots het.
Medupe Simasiku, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, het gesê die staat het nie ‘n waterdigte saak teen Pistorius gehad nie.
Lees ook:
Carl Pistorius: Polisieman sê foto’s, maatband is verkeerd
Carl Pistorius in die hof
Carl Pistorius-saak: Motorfietsryer was moontlik onder die invloed
Oscar se broer in hof
Oscar se broer het ‘diep berou’ oor ongeluk