Casino-paartjie: Man uit op borg vir diefstal

James Viljoen (28), ʼn man van Schweizer-Reneke wat vir twee weke saam met sy vriendin Carien Wilkens (20) vermis was ná hulle geld by twee casino’s gewen het, is uit op borgtog nadat hy van diefstal aangekla is.

Kapt. Amanda Funani, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, het Maandag aan Maroela Media gesê Viljoen is op 15 Februarie in hegtenis geneem. Hy het dieselfde dag in die Schweizer-Reneke-landdroshof verskyn en is op borgtog van R5 000 vrygelaat. “As deel van sy borgvoorwaardes moet hy twee keer per week, elke Maandag en Vrydag, by die Schweizer-Reneke-polisiestasie aanmeld. Hy moes ook sy paspoort aan die polisie oorhandig,” het Funani gesê.

Na wat verneem word, word R350 000 vermis van die Engen-depot waar Viljoen as bestuurder gewerk het. Die eienaar van die stasie het ʼn saak van diefstal aanhangig gemaak.

Viljoen moet weer op 29 Maart in die hof verskyn.

Lees ook:
Casino-paartjie: Man glo van diefstal aangekla
Casino-paartjie opgespoor
Twee steeds vermis ná casino-wen
Paartjie vermis ná wen by casino

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.