Casino-paartjie: Man glo van diefstal aangekla

Carien Wilkens en James Viljoen is opgespoor en veilig.

ʼn Saak van diefstal is glo teen James Viljoen (28), ʼn inwoner van Schweizer-Reneke  wat vir twee weke saam met sy vriendin Carien Wilkens (20) vermis was ná hulle geld by ʼn casino gewen het, aanhangig gemaak.

Na wat verneem word, word R350 000 vermis van die Engen-depot waar Viljoen as bestuurder werk. Die eienaar van die stasie het Vrydag ʼn saak van diefstal aanhangig gemaak.

Kapt. Adéle Myburgh, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, het aan Maroela Media bevestig ʼn diefstalsaak is oopgemaak, maar dat geen verdagtes tans geïdentifiseer mag word nie. “Die saak word ondersoek en is nog in ʼn baie vroeë stadium,” het sy gesê. Niemand is teen Maandagoggend  in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Maroela Media het Saterdag berig Wilkins en Viljoen (28) is Vrydag opgespoor en ongedeerd.

Die twee het voorverlede Vrydag R15 000 by ʼn casino in Klerksdorp gewen en is daarna na Sun City waar Viljoen ʼn verdere R20 000 gewen het. Hulle is die Maandagoggend vir die laaste keer op kringtelevisie gesien toe hulle Sun City omstreeks 03:10 in hul wit Geely verlaat het. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.