Carien Wilkins (20) en James Viljoen (28), die vriende van Schweizer Reneke wat amper twee weke vermis was nadat hulle geld by twee casino’s gewen het, is opgespoor en ongedeerd.
Die twee het voorverlede Vrydag R15 000 by ʼn casino in Klerksdorp gewen en is daarna na Sun City waar Viljoen ʼn verdere R20 000 gewen het. Hulle is die Maandagoggend vir die laaste keer op kringtelevisie gesien toe hulle Sun City omstreeks 03:10 in hul wit Geely verlaat het. Lees meer hier.
Rina du Plessis, Wilkins se ma, sê hulle het Vrydag ʼn e-pos van die paartjie uit Durban gekry wat gesê het dat hulle veilig is. Sy kon nie veel oor die situasie uitbrei nie, maar het gesê sy is baie verlig dat haar dogter nog lewe.
Kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder van Noordwes, het aan Maroela Media gesê die twee was nie slagoffers van ’n misdryf nie.
Myburgh het gesê die Pink Ladies-organisasie, ‘n organisasie wat help om vermistes te vind, was van groot hulp in die soektog wat nou afgelas is.
Ek dink hulle is baie onverantwoordelik en selfsugtig om nie vir hul ouers of vriende te se waar hulle is nie
Mens kan nie meer vandag sulke kanse vat nie
Kan hulle nie vir hulself dink nie!! Enige ma sal siek wees van bekommernis, spesiaal in Suid Afrika waar daar daagliks moorde gepleeg word
Ek hoop die ouers praat persoonlik met die paartjie en maak seker hulle is veilig en wel want daar is baie gewelddadige mense wat mense besteel/vermoor en dan hul gegewens gebruik om die misdaad toe te smeer. As hulle wel veilig is, wens ek hulle ‘n goeie toekoms toe. ‘n Mens kom egter nie ver met R20,000 nie…
ONVERANTWOORDELIK!!!!!!!!!!!!!!!!!