Casino-roof: Drie slagoffers sterk aan

Anthony White

Die twee veiligheidswagte en polisiereservis van die Brakpan-polisie wat tydens Maandag se rooftog by Carnival City-casino kritiek gewond is, sterk in die hospitaal aan.

Kapt. Julia Claassen, ʼn Gautengse polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig die drie slagoffers is almal stabiel, maar steeds in die hoësorgeenheid.

ʼn Beampte wat saam die polisiereservis werk, het hom as Anthony White geïdentifiseer. “White is ʼn baie passievolle polisieman. Hy is ook pa van ʼn 8 maande oue seuntjie. Ons bid hom ʼn spoedige herstel toe,” het sy kollega gesê.

Maroela Media het vroeër berig tussen 15 en 25 mans het die casino omstreeks 00:20 Maandagoggend beroof en glo in vyf motors gevlug. ʼn Onbekende bedrag kontant is gesteel. ‘n Gesteelde bakkie wat as ʼn wegkommotor gebruik is, is later deur die polisie gevind.

Claassen het gesê ʼn grootskaalse soektog is vir die verdagtes van stapel gestuur, maar teen Dinsdagoggend is niemand nog  in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.