Casino-roof: Polisie vind roofkar

Argieffoto

ʼn Gesteelde bakkie wat as ʼn wegkommotor gebruik is deur ʼn groep gewapende rowers na ʼn rooftog by Carnival City in Brakpan aan die Oos-Rand is deur die polisie gevind.

Kapt. Julia Claassen, ʼn polisiewoordvoerder, sê die bakkie is kort na die voorval naby Dalpark gevind. “Die voertuig se band het gebars aangesien die polisie op die bande geskiet het toe die rowers op die vlug geslaan het.” Claassen sê die wit Toyota Hilux-bakkie is in Oktober verlede jaar as gesteel aangemeld by die Douglasdale-polisiestasie. Sy sê die polisie het ʼn hamer en die besittings van klante wat by die casino beroof is in die bakkie gevind. Claassen sê die reservis-konstabel wat tydens die rooftog geskiet is, is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal. Die twee veiligheidswagte wat ook geskiet is, is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal.

Tussen 15 en 25 mans het die casino omstreeks 00:20 vanoggend beroof en glo in vyf motors gevlug. ʼn Onbekende bedrag kontant is gesteel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.