Casino weerhou glo boerpotgeld

Montecasino

Montecasino in Johannesburg het ‘n dobbelaar se wengeld konfiskeer en van betreding beskuldig omdat die man vantevore uit die casino verbied is.

Mahesh Kalidas (53), ‘n sakeman, het homself verlede jaar vrywillig uit alle casino’s landswyd laat verbied, maar het aangehou om te dobbel, het die Sunday Times berig. Kalidas beweer dat Montecasino hom toegelaat het om geld te trek, en nagenoeg R40 000 op dobbelmasjiene te spandeer, maar dat hulle toe R129 000 van sy wengeld konfiskeer het nadat hy die boerpot op 31 Oktober 2012 losgeslaan het. “Casino’s is gretig om dobbelaars, wat reeds verban is, toe te laat om weer te kom verloor, maar die oomblik wat hulle wen word hulle van betreding beskuldig en word hulle uitgegooi,” het Kalidas gesê.

Hy is in hegtenis geneem en het ‘n skulderkenningsboete by die Douglasdale-polisiestasie betaal.

Kalidas sê hy soek ‘n terugbetaling van R200 000 wat hy tussen Februarie en Oktober verlede jaar by die casino spandeer het. Hy sê hy het aanhou dobbel nadat hy ingestem het om verban te word, omdat hy “beheer verloor” het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.