Casper de Vries vloek glo te veel

Die bestuur van Emperors Palace het na verskeie klagtes vir die komediant Casper de Vries gevra om minder te vloek tydens sy optredes.

De Vries se vertoning, VarkinHel, wat oor die groep Christene handel wat hom verlede jaar op sosiale media van godslastering aangekla het, wys tans by die casino en vermaaksentrum. Hy het glo besluit om sy solo-vertoning dié naam te gee nadat kritici hom as ’n ‘vark in hel’ uitgemaak het.

Rapport berig sowat 10 teatergangers het glo Woensdagaand uit die vertoning gestap weens De Vries se taalgebruik. “Ek wil jou nie ontstel of jou styl van komedie verander nie, maar weens die klagtes moet ek jou vra om minder te vloek,” het Andi Shaughnessy, vermaakbestuurder by die casino, in ʼn brief aan De Vries geskryf.

Casper de Vries

De Vries se verweer is dat bemarking vir die vertoning dit duidelik maak dat dit nie vir sensitiewe gehore geskik is nie. “Ek dink dis in swak smaak om sulke briewe aan my te skryf terwyl ons in die middel van die speel vlak is. Dis nie meer PW Botha se era nie. Ek sal my kunsvryheid gebruik om my uit te druk en as mense wil f***f is dit hul reg,” het De Vries glo in ʼn brief geskryf, het Rapport berig.

VarkinHel is nog vanaand by Emperors te sien, en dan weer in November by die Artscape Operahuis in Kaapstad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hermann ·

Se vir Pieter P—lietjie ek dink hy het nie een nie.
Dan se julle vir M-net vernaam “kaknet ” hulle verryk hierdie anti- Chris met die boerevolk se geld.
Ek hoop hy brond in die hel ! maar volgens “Hom is daar mos nie n Hel nie!
Vieslike Bliksem- mag hy gou vanaf hierdie planeet verwyder word!
Walglike mismesmeraaier – God loenaar – Gemors!
In my soort lewe Bestaan jy nie ! Vreksel.
Gaan in vrede! Scrap!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.