Caster Semenya gaan SA-vlag dra

Caster Semenya. Foto: Getty Images

Caster Semenya is die eer toegestaan om tydens die opening van die Olimpiese Spele, Suid-Afrika se vlag te dra. Dié aankondiging is Woensdagaand in Sandton, Johannesburg, gemaak tydens die afskeidspartytjie vir die Suid-Afrikaanse span. Die aankondiging is openhartig deur haar spanmaats verwelkom.

Semenya het voorheen internasionale nuus gemaak na haar geslag en prestasies tydens die vorige Olimpiese Spele bevraagteken is. In 2009 moes sy ná haar sege toetse in Berlyn ondergaan om haar geslag te bevestig.

Die Suid-Afrikaanse span vertrek Donderdagmiddag na Londen vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe.

Die openingskouspel van die 2012 Olimpiese Spele vind 27 Julie in Londen plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.