CDP bevraag president se ‘veiligheid’-stelling

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het Vrydag reageer nadat president Jacob Zuma Donderdag gesê het dat Suid-Afrika nie ʼn gewelddadige land is nie.

“As die land dan nie so gewelddadig is soos die president nou te kenne gegee het nie, hoekom was dit dan nodig om meer as R200 miljoen aan veiligheidsmaatreëls by sy se privaatwoning in Nkandla te spandeer?” het ds. Theunis Botha, leier van die CDP, gevra.

“Zuma moet waak daarteen om Suid-Afrika in die oë van die wêreld belaglik te maak deur geweldspersepsies met tegniese verduidelikings te probeer omkeer. Die feit is dat Suid-Afrika die verkragtingshoofsetel van die wêreld is, en ook een van die lande met die hoogste moordsyfer is,” het Botha gesê.

“Die regering ontken verder ook die probleem van plaasaanvalle en plaasmoorde. Die land het ‘n morele herlewing nodig, en die regeringsleiers moet onkreukbaar wees. Bontpratery hieroor gaan nie die probleem oplos nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.