CDP doen beroep om Hemelvaartdag te vier

Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het Donderdag ʼn beroep op alle Christene gedoen om Hemelvaartdag te vier.

“Al word Hemelvaartdag as een van die belangrikste dae op die Christelike kalender beskou, het dit in die praktyk vir baie sy betekenis verloor, selfs in hierdie land waar 80% van die mense daarop aanspraak maak dat hulle Christene is,” het ds. Theunis Botha, leier van die CDP, gesê.

Hy sê dit weerspieël die belang wat Christene het by die proses om vakansiedae in Suid-Afrika te hersien.

“Ons doen ‘n beroep op alle Christene om die dag te gedenk, wat die betekenis van die dag reflekteer, en ook Jesus se woorde te onthou: ‘Gaan dan en maak dissipels van al die nasies.’ Dit sluit in om ‘n voorbeeld deur ‘n mens se leefwyse te stel, en om die kwaad wat mesne doen te bekamp. My bede is dat Suid-Afrika die voorbeeld wat die Here self gestel het, sal nastreef,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.