CDP: ‘Malema het meer as net witmense aangeval’

DIe ANC-jeugligaleier, Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Christen Demokratiese Party (CDP) sê ANC-jeugligaleier, Julius Malema, het die keer meer as net witmense in Suid-Afrika aangeval.

Die leier van die CDP, Theunis Botha, sê “die ‘nie-swart’ burgers is aangesê om die land te verlaat en terug te keer na waar hulle groot, groot, grootouers vandaan kom”. Botha sê dit is jammer dat Malema blykbaar nie die ware geskiedenis van die land geleer is nie, aangesien hy dan sou geweet het dat die Koi en San die oorspronklike inwoners van die land was en dat Malema en sy voorvaders net so min buitelanders in die land is as witmense en Indiërs”. Botha het reageer op uitlatings deur Malema gedurende die jeugliga se optog vir ‘ekonomiese vryheid’ wat Donderdag en Vrydag in Johannesburg en Pretoria gehou is. Malema het Vrydag ʼn beroep gedoen op die regering om die grondwet te wysig om die onteiening van grond sonder vergoeding te wettig. “Hy het dit duidelik gemaak dat enigiemand wat in Suid-Afrika bly, eiendom besit en nie swart is nie, dit van swart mense en veral van die swart jeug gesteel het. Malema het nou openlik geëis dat die grondwet gewysig word om diefstal van grond en besittings te wettig”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.