CDP meen pensioenarisse moet óók van e-tol vrygestel word

tolhekkePres. Jacob Zuma se voorstel dat studente van e-tol vrygestel word, is die eerste aanduiding dat daar ʼn besef begin deurdring oor die impak wat die e-tolstelsel op die gemeenskap sal hê, het die Christen-Demokratiese Party (CDP) Donderdag gesê.

“Hoe nader die verkiesing kom, hoe meer voorstelle gaan gemaak word oor kategorieë wat vrygestel gaan word, en die CDP beveel ten sterkste aan dat pensioenarisse óók vrygestel moet word,” het ds. Theunis Botha, leier van die CDP, gesê.

Intussen het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) nuwe e-toltariewe publiseer vir publieke kommentaar. Hier volg ʼn paar van dié tariewe:
N3 / N1 Spruitview na Fourways (enkelrit): E-tag-gebruiker: R9.33; Geregistreerde gebruiker: R18.05; Ander gebruikers: R54.15
N1 Soweto na Fourways (enkelrit): E-tag-gebruiker: R8.58; Geregistreerde gebruiker: R16.59; Enige Ander gebruikers: R 49.77
N1 Sandton na Pretoria (N4 Hatfield) (enkelrit): E-tag-gebruiker: R 12.03; Geregistreerde gebruiker: R 23.27; Ander gebruikers: R 69.81
R21 Pretoria na OR Tambo-lughawe (enkelrit): E-tag-gebruiker: R 9.60; Geregistreerde gebruiker: R18.56; Ander gebruikers: R 55.68

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ver Van Ryn ·

Ek is ‘n student, ek ry die pad gereeld. Ek sal nie kla dat ek die betaling vryspring nie, maar is dit nie so bietjie belaglik nie? Hoe gaan die staat weet wie studente is? Moet ons gaan registreer en elke jaar in lang rye in Johannesburg/Pta staan, terwyl ons in Potch swot en elders bly, om net te hoor ons bewys dat ons studeer nie voldoende is nie en maar net sommer die honderde rande solank betaal wat ons skuld? Of gaan die vrystelling so paar maande hou voor die staat agterkom helfde van die “geregistreerde studente” het nie eens matriek klaar gemaak nie.

Volgende is dit die taxis wat vrygestel word en as ons ons oë uitvee is dit net die “onderdrukkers van die vorige era” wat die tolgeld betaal. E-tol moet so gou as moontlik geskrap word, hierdie video verduidelik mooi hoekom: http://www.youtube.com/watch?v=4hNYrcU5Hh4

Meisie ·

Dit laat mens wonder …. Daar is voorgehou dat as mense motors het, hulle die e tol kan bekostig?? Nou goed, waarom moet studente dan vrygespreek word?? As hulle kan studeer ,en motors kan besit, kan hulle mos die e tol bekostig?? Pensioenarisse is verstaanbaar, dit sal goed wees. Maar waarom word die taxi`s vrygespreek?? Is hulle te bang? Hulle weet wat sal gebeur as die taxi bestuurders moet betaal!!!!!!!! Dit laat mens maar net dink…… waar word die streep getrek????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.