CDP reageer op kinderporno-kring

Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het sy tevredenheid uitgespreek met die oopvlek van ‘n groot internasionale kinderpornografie-sindikaat waarby Suid-Afrikaners ook betrek word.

“Ons tevredenheid word egter getemper deur kommer dat vooraanstaande mense soos ‘n skoolhoof en onderwysers na bewering by so iets betrokke kon wees,” het ds. Theunis Botha, leier van die CDP, gesê.

“Sonder algemene morele herlewing en die staak van permissiewe aksies, gaan dit egter ‘n opdraande stryd bly om euwels van hierdie aard uit te roei,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trippie ·

Dit is skokkend dat mense in hierdie posisies, mense aan wie kinders se veiligheid toevertrou word, betrokke is by een van die walglikste misdade !

Grobbie ·

Dit voel vir my erger wanneer medeblankes by misdade oor die algemeen betrokke is, maar hierdie vat die koek. As hulle skuldig bevind word moet hulle vir die res van hulle lewe gaan sit. Sulke mense hoort permanent uit die samelewing verwyder te word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.