Cederberg-brande grootliks onder beheer

‘n Helikopter poog om die brand op die Cederberg onder beheer te bring. Foto: JP du Plessis / climbing.co.za

Brande wat in die Cederberg in die Wes-Kaap uitgebreek het, is grootliks onder beheer gebring.

Lonton Rensberg, woordvoerder van Working on Fire (WoF), het Dinsdag gesê die Franchoek-gebied is egter nog ʼn groot bekommernis. Hy sê 14 spanne is na die gebied ontplooi om die brande heeltemal te blus.

“Ons werk 24 uur ‘n dag. Ons het ook helikopters ontplooi om die brande met waterbomme te bestry,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.