Cederberg: Burgemeester se tugverhoor begin

Burgemeester Jonas White

Die tugverhoor van Cederberg se burgemeester het Maandag in Kaapstad begin.

“Die ANC kan nie kommentaar lewer oor die voorval voordat die hofverrigtinge nie afgehandel is nie,” het Philip Dexter, woordvoerder van die provinsiale ANC-tak, gesê.

Maroela Media het vroeër berig burgemeester Jonas White het glo pornografiese foto’s na sy adjunk, Lorna Scheepers, gestuur. Hy het haar glo ook genooi om hom te vergesel na Durban, op die munisipaliteit se onkoste. Scheepers het die aantygings in ‘n verklaring by die uitvoerende komitee van die ANC in die Wes-Kaap ingedien.

White staar aanklagte van teistering, finansiële wanbestuur en politieke inmenging in die gesig.

Die Valke het vroeër die maand, as deel van sy ondersoek na korrupsie in dié munisipaliteit, beslag gelê op rekenaars en selfone wat aan die munisipaliteit behoort. Die Demokratiese Alliansie (DA) het gesê die Valke het die munisipaliteit begin ondersoek nadat die party ‘n dokument aan Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, gestuur het om haar in te lig oor “verskeie sake van korrupsie en wanbestuur”.

Dexter het in daardie stadium gesê die ANC het reeds met tugprosedures begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.